Liewe Pikkewyn

Mamma wil nou al `n hele rukkie lank vir jou begin skryf, maar die vrees pak my maar nog kort-kort beet – vrees wat gebore is uit seer herinneringe. Maar my liewe Pikkewyn, Mamma het net weer besef jy en jou pappa is sprekende voorbeelde van my nuwe lewe – `n nuwe lewe propvol liefde, vreugde en geluk.

Mamma gaan daarom van nou af, sonder vrees van terugkyk, elke liewe oomblik van jou geniet. Nie net van die dag af wanneer ek en Pappa saam in jou pragtige, pragtige ogies gaan kyk nie, maar reeds nou, met jou hier veilig binne my.

1 Kommentaar

1 thoughts on “Liewe Pikkewyn

Lewer kommentaar